De Vette Mossel specializes in seafood, prepared on open fires in a relaxed beach atmosphere. Reminiscent of the West Coast Culture of South Africa the whole concept is an eating experience, rather than a sitdown meal. Family friendly.
We at De Vette Mossel strive to offer much more than merely perfectly prepared seafood – this is an experience, in unusual and informal surroundings, where you relax with friends (old ones and newly found ones) where your time is your own and where you may eat as much as you like – just like we do along the West Coast.
ONS UITGANGSPUNT
DIS ‘N ERVARING!
Ons by De Vette Mossel poog om veel meer te bied as bloot ‘n ete – dit is ‘n ervaring, in ongewone en informele omstandighede, waar jy saam met vriende (oues en nuutgevondes) gesellig saam verkeer, waar niemand jou aanjaag nie en waar jy soveel seekos eet as waarvoor jy lus is – net soos ons langs die Weskus maak.
DIE UITSTEKENDE VOORBEREIDING VAN TOP GEHALTE SEEKOS, IN OORVLOED, EN WAARDE VIR GELD, IS ONS ERNS.
SKINK ‘N WYNTJIE
Met aankoms verwelkom ons jou met ‘n gratis glas goeie Kaapse wyn. Ons het ook ‘n kontantkroeg met fantastiese ‘beach cocktails’, die beste Kaapse wyne en alle ander bekende drankies.
Eet soveel jy wil- of kan!
Ons spyskaart bestaan uit 7 gange, van 13 disse wat na mekaar as ‘n rollende buffet voorgesit word. Van alles kan jy soveel eet as wat jy wil – of kan! En dan is daar nog Kreef, Garnale, Kalamari en Vangs van die dag addisioneel beskikbaar sou jy verder wou smul! Maar dis glad nie so maklik nie…
Feitlik al die disse word net daar, voor jou, op oop vure voorberei – dit waarborg van-die-rooster-af-vars seekos – soos dit hoort!
Wees rustig, ontspan – ons eet amper drie ure lank. En onthou, niks raak ooit op nie – die ergste wat kan gebeur is dat nog op pad is!
Maar asseblief, moet nie handgesnyde kristalglase of silwer eetware verwag nie! Ons is op die strand en doen soos ons langs die Weskus doen- hier eet ons met ‘n mosselskulp. As dit nie in jou smaak val nie, of jy reken die lewe skuld jou meer van die verfynde, gaan jy waarskynlik meer tuis voel in ‘n duur Franse Restaurant.
*Ten spyte van kos in oorvloed op ons spyskaart mors ons nie graag nie – alle kos wat oorbly word uitgedeel aan behoeftige gesinne in die omgewing.